| |
|
Mites rondom
'n eie gebied
1. Alle Afrikaners moet daarheen trek
| |
ONWAAR:
So 'n gebied sal baie vir alle Afrikaners beteken waar hulle
ook al is. As 30% Afrikaners daar woon, is dit reeds 'n groot
sukses. Ander kan van buite in die gebied belê. Net 38%
van alle Jode woon in Israel. |
2. Orania is die volkstaat
| |
ONWAAR:
Orania is 'n belangrike eksperiment om te bewys hoe dit kan
werk. Op sy beste is Orania 'n Afrikaner-groeipunt met opwindende
moontlikhede vir uitbreiding. Hierdie ideaal kan verwesenlik
word deur 'n evolusionêre proses naamlik groter outonomie
op plaaslike regeringsvlak wat daarna lei tot selfbeskikking
op streeks-, provinsiale en uiteindelik nasionale vlak. |
3. Afrikaners wil hulle isoleer in eie gebied
| |
ONWAAR:
'n Moderne ekonomie, wat deel is van suidelike Afrika, is die
doelwit. Na Afrikaner-vryheid in 'n eie gebied - kan en moet
Afrikaners orals in suidelike Afrika 'n rol speel. |
4. Rassisme is rede vir 'n eie gebied
| |
ONWAAR:
Selfbeskikking word vir 'n volk of kultuurgroep bepaal, nie
vir 'n rassegroep nie. Daar is talle wêreld-voorbeelde. |
|
|