| |
ARTIKEL 185: Kommissie vir die
Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en
Taalgemeenskappe
Funksies van Kommissie
| |
1. |
Die Kommissie
vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-,
Godsdiens- en Taalgemeenskappe het die volgende hoofoogmerke:
| a. |
Om respek
te bevorder vir die regte van kultuur-, godsdiens- en
taalgemeenskappe; |
| b. |
Om vrede,
vriendskap, menslikheid, verdraagsaamheid en nasionale
eenheid onder kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe
op die grondslag van gelykheid, nie-diskriminasie en vrye
assosiasie te bevorder en te ontwikkel; en |
| c. |
Om die
instelling of erkenning, ooreenkomstig nasionale wetgewing,
van 'n kultuur- of ander raad of rade vir 'n gemeenskap
of gemeenskappe in Suid-Afrika aan te beveel. |
|
| |
2. |
Die Kommissie
het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing gereguleer,
wat nodig is om sy hoofoogmerke te bereik, met inbegrip van
die bevoegdheid om kwessies betreffende die regte van kultuur-,
godsdiens- en taalgemeenskappe te monitor, te ondersoek, na
te vors, opvoeding daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf,
daaroor te adviseer en verslag daaroor te doen.
|
| |
3. |
Die Kommissie
kan enige aangeleentheid wat binne sy bevoegdhede en funksies
val aan die Menseregtekommissie vir ondersoek rapporteer.
|
| |
4. |
Die Kommissie
het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale
wetgewing voorgeskryf word. |
|
|