Leierskap : Uitvoerende Dagbestuur : Adv. Anton Alberts
 

CURRICULUM VITAE

A Alberts
Adv. ANTON ALBERTS
  1. Adv. Anton Alberts is in 1970 gebore en het sy hoërskoolopleiding aan die Hoërskool Roodepoort voltooi.

  2. Hy studeer aan die Randse Afrikaanse Universiteit (Universiteit van Johannesburg) BA Regte en behaal sy LL.B. in 1994. Hy doen ook in dieselfde jaar ‘n na-graadse diploma in Menseregte Litigasie (Cum Laude).

  3. In 1998 behaal hy ‘n LL.M. (Internasionale Reg) (Cum Laude) aan die Randse Afrikaanse Universiteit.

  4. Hy behaal ‘n “Executive Business Certificate” van Manchester Business School – University of Manchester (Cum Laude) in 1999.

  5. Hy verwerf ‘n sertifikaat in “Technical Film and Television Directing” aan die Monash Universiteit in 2004.

  6. Adv. Alberts verwerf ‘n Kanadese LL.B. deur die Canadian Federation of Law Societies in 2007.

  7. Adv. Alberts het onder andere gewerk as ‘n lektor in die Regte by die Technikon SA (nou deel van Unisa) en as deeltydse lektor by RAU/UJ, Wits Universiteit en Rhodes Universiteit.

  8. Hy is toegelaat as advokaat in 1996.

  9. Hy was hoof van Besigheid- en Regsaangeleenthede by M-Net vanaf 1998 tot 2001.

  10. Hy het ook by Shaw Communications en Mobile Data Solutions Ing. (Kanada) gewerk vanaf 2002 tot 2004.

  11. Adv. Alberts het tot 31 Augustus 2009 as VF Plus-raadslid in die Johannesburgse Metroraad gedien.

  12. Adv. Alberts dien ook as voorsitter van die VF Plus se Inligtingskomitee, is lid van beide die Federale Dagbestuur en Uitvoerende Dagbestuur en is lid van Gauteng se Uitvoerende Dagbestuur, asook een van die twee onderleiers van Gauteng Provinsie.
 
  << terug