Leierskap : Uitvoerende Dagbestuur : Mnr. Andrew Gerber
 

CURRICULUM VITAE

Anton Greber
Mnr. ANDREW GERBER
  1. Mnr. Andrew Gerber is op 7 November 1944 in Groot Brakrivier in die Suid-Kaap gebore.   Hy matrikuleer aan die Hoërskool Despatch in 1962 waarna hy aan die Universiteit van  Stellenbosch vir predikant studeer.

  2. Hy het aktief aan die studentelewe deelgeneem en was onder meer lid van die Studenteraad. In 1964 behaal hy ‘n BA-graad met as hoofvakke sielkunde en filosofie, waarna hy hom by die Teologiese Seminarium as predikant bekwaam.  Hy behaal sy BTh in 1968 en Lisensiaat in die Teologie in 1969 - albei cum laude.

  3. Hy bedien die gemeentes Brandvlei (1970 - 74) en Doornkloof (1974 - 87).  In 1987 word hy genader om die Brits kiesafdeling vir die Konserwatiewe Party te betwis en word op 6 Mei 1987 Parlementslid vir Brits.  Hy beklee die amp tot 28 April 1994 toe die nuwe grondwetlike bedeling in werking tree.
  4. Vanaf 1994 tot 2004 bedien hy deeltyds 'n gemeente en boer met sitrus.  Nadat die Vryheidsfront, Konserwatiewe Party en Afrikaner Eenheidsbeweging in 2003 saamsmelt, stel hy hom beskikbaar as kandidaat vir die 2004-verkiesing en word hy 'n lid vir die VF Plus in die Noordwes Wetgewer tot 2009.

  5. Mnr. Gerber is in 1968 met Magdalena Aletta le Roux, 'n maatskaplike werker, getroud.  Uit die huwelik is drie seuns en 'n dogter gebore, waarvan drie nog leef.
 
  << terug