Leierskap : Uitvoerende Dagbestuur : Dr. C.P. Mulder
 

CURRICULUM VITAE

C Mulder
DR. C.P. MULDER (CORNé)
  1. Dr. Corné Mulder is die voorsitter van die Vryheidsfront se Grondwetlike Komitee. Hy behaal sy B.Iuris graad aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys in 1980, met Politieke Wetenskap en Internasionale Politiek as ekstra hoofvakke.

  2. Hy voltooi 'n LL.B.-graad in 1982 met onderskeidings in verskeie vakke.

  3. Daarna het hy navorsing by die Instituut vir Gevorderde Regsstudies van die Universiteit van Londen en die Max-Planck-Instituut für ausländisches öffentliches Recht und Völkerrecht, te Heidelberg Duitsland gedoen. Hierdie navorsingsperiode was ondersteunend tot die voltooiing van 'n Doktorsgraad in Staatsreg (LL.D.) wat hy op die ouderdom van 26 in 1984 behaal het.

  4. Nadat hy in 1987 as prokureur van die Hooggeregshof toegelaat is, is hy in 1988 as Parlementslid verkies.

  5. Hy was in Maart 1994 direk betrokke by die stigting van die Vryheidsfront en word herkies as Parlementslid op 27 April 1994, 2 Junie 1999, 14 April 2004 en 22 April 2009.

  6. Hy is 'n lid van die Portefeulje Komitee vir Buitelandse- sowel as Binnelandse Sake. Hy was betrokke by die skryf van die nuwe Grondwet as lid van die Grondwetlike Komitee van die Grondwetlike Vergadering. Na die 1999-verkiesing word hy ook aangewys as hoofsweep van die Vryheidsfront.

  7. Dr. Mulder het uitgebreide buitelandse reise onderneem vir navorsings- en studiedoeleindes en het 'n belangrike rol gespeel om die VF Plus in lyn met moderne staatkundige ontwikkelings rakende selfbeskikking en minderheidsregte in die wêreld te plaas.

  8. Dr. Mulder is getroud met Alma Visser en hulle het twee seuns en twee dogters.
 
  << terug