Leierskap : Uitvoerende Dagbestuur : Mnr. Jaco Mulder
 

CURRICULUM VITAE

Jaco Mulder
Mnr. JACO MULDER

  1. Mnr. Jaco Mulder is gebore op 15 Januarie 1964 te Krugersdorp.  Hy matrikuleer aan die Hoërskool Monument in 1981.  Hy studeer in die regte (B Proc) by RAU vanaf 1982-1984 en slaag later ook sy graad 8 eksamen en onderwyserslisensiaat in klassieke kitaar aan UNISA.  Hy gee dan ook klassieke kitaaronderrig by die destydse kultuursentrum te RAU.  Hierna sluit hy by die Suid-Afrikaanse Polisie aan waar hy vir 4 jaar diens doen as dienspligtige by die destydse Suid-Afrikaanse Kriminele Buro en later by die Pretoria Sentraalspeurtak en -strafsake.

  2. Hy is getroud met Lynette Botha, ‘n fisioterapeut en hulle het twee seuns, Adriaan en Daniel.

  3. In 1989 betree hy die sakewêreld en behartig sedertdien uitgebreide sakebelange ondermeer as restauranteienaar, wynmaker en eiendomsontwikkelaar.

  4. Sy liefde vir diens aan die gemeenskap en sy volk het hy geërf van sy ouers wat beide onderwysers was en sy betrokkenheid by die Voortrekker-beweging as baasverkenner en hoofspanleier van sy kommando.

  5. Hy raak op RAU by die studente politiek betrokke en sluit eers by die Nuwe Konserwatiewe party van dr. Connie Mulder aan en later by die Konserwatiewe party van Suid-Afrika, onder leierskap van dr. Treurnicht.

  6. Hierna raak hy op tak- en kiesafdelingsvlak as vrywilliger betrokke en word in 1993 verkies as die Wesrand-streekleier van die Afrikaner Volksfront.  In 1994 sluit hy by die Vryheidsfront aan en word later as streekleier van Krugersdorp verkies, in 1999 as Gauteng-sekretaris en op 27 Februarie 2003 as leier van die party in Gauteng.

  7. Sedert 2004 is hy lid van die Gautengse Wetgewer en dien op verskeie portefeulje komitees en staande komitees in die provinsie waaronder Landbou- en Landelike Ontwikkeling, Gemeenskapsveiligheid en Infrastruktuur.

  8. Hy dien ook op die Uitvoerende Dagbestuur, Federale Dagbestuur, Federale Raad en ‘n aantal komitees van die VF Plus.

  9. Buite partyverband dien hy ook sedert die stigting van NABUVSA (Nasionale Burgerlike Veiligheid- en Sekuriteitsaksie) as Nasionale Voorsitter van dié onafhanklike, nie-winsgewende en vrywillige organisasie wat namens die gemeenskap misdaad op nasionale vlak beveg en as lid van die Uitvoerende Raad van die Orania Beweging (Afrikaner Vryheidsbeweging).

  10. Jaco is ook die Strategiekomitee-voorsitter van die beheerliggaam van Hoërskool Noordheuwel op Krugersdorp.
 
  << terug