| |
|
CURRICULUM VITAE
|
 |
| P.J
GROENEWALD (PIETER) |
- Mnr. Pieter Groenewald is 'n lid van die Uitvoerende Dagbestuur van die Vryheidsfront Plus en ook provinsiale leier van die VF Plus in die Noordwes-provinsie.
- Mnr. Groenewald het 'n B-Juris graad in die regte asook 'n Nagraadse Universiteitsdiploma in Kommunikasiekunde aan die Universiteit van Potchefstroom verwerf.
- Hy was voorheen werksaam by Krygkor (Swaarkaliber Ammunisie) in die hoedanigheid van seksiebestuurder: Produk- en Prosesontwikkeling.
- Hy is in 1989 as Parlementslid verkies na 'n termyn as Burgemeester van Stilfontein. Hy was ook 'n Raadslid van die Wesvaal-Streekdiensteraad en Raadslid van die Vereniging van Plaaslike Owerhede vir Wes-Transvaal.
- Hy is 'n stigterslid van die Vryheidsfront en het in Maart 1994 betrokke geraak by die VF se stigting. Mnr. Groenewald is op 27 April 1994 as Parlementslid herverkies.
- Mnr. Groenewald was voorsitter van die Portefeuljekomitee vir Verdediging vanaf 1994 tot 1999. Tans is hy lid van die Portefeuljekomitees vir Polisie en Verdediging. Hy was ook lid van die Grondwetskrywende Vergadering.
- Hy het verskeie Internasionale Studietoere onderneem en is 'n gereelde spreker by seminare en konferensies.
- Mnr. Pieter Groenewald het onlangs sy meestersgraad in Bestuur en Ontwikkeling aan die PUK-kampus van die Noord-Wes Universiteit behaal. Die titel van sy skripsie is: "Die Oorloopklousule as faktor in die herskikking van die Suid-Afrikaanse partypolitiek".
|
|