| |
|
CURRICULUM VITAE |
 |
| DR.
PIETER W.A. MULDER |
- Dr. Pieter Mulder het sy hoërskoolopleiding aan die Riebeeck Hoërskool Randfontein voltooi. Hy was onder andere hoofseun, het vir die eerste span rugby gespeel en was in atletiek Victor Ludorum.
- Na skool verrig hy sy militêre diensplig. Aan die einde van die jaar is die eresabel aan hom toegeken as die beste offisier van die jaar.
- Hy studeer aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO waar hy op 26-jarige ouderdom sy Doktorsgraad in Kommunikasiekunde voltooi.
- As student was hy onder andere Voorsitter van die Alabama-studentegeselskap; het hy vir die Universiteit se O/20-rugbyspan gespeel en was hy Voorsitter van die Studenteraad.
- Gedurende 1981 studeer hy vir ’n jaar aan die Universiteit van Wisconsin, Madison, in die Verenigde State van Amerika en voltooi sy Post-Doktorale studies in Internasionale Kommunikasie.
- Hy was vir veertien jaar dosent en professor in Kommunikasiekunde aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO.
- As dosent is hy verkies tot onder-president van die Suider Afrikaanse Kommunikasiekundedosente Vereniging en was ook lid van die Openbare Skakelinstituut.
- In 1988 is hy as Parlementslid verkies vir die Schweizer-Reneke kiesafdeling.
- Hy was ’n stigterslid van die Vryheidsfront in 1994 en word in dieselfde jaar weer tot die Parlement verkies.
- Hy was die Nasionale Voorsitter van die Vryheidsfront vanaf 1994 tot 2001 en word in April 2001 as Leier van die Vryheidsfront verkies.
- In 2008 verskyn sy boek, Kan Afrikaners toyi-toyi?, waarin hy ’n binneblik op gebeure en interpersoonlike verhoudings in die parlement en Suid-Afrikaanse politiek bied.
- In 2009 is hy as adjunkminister vir Landbou, Bosbou en Visserye deur president Zuma aangewys.
- Hy het verskeie kere as kerkraadslid in sy kerk gedien en is deurlopend aktief betrokke in Afrikanerkultuurorganisasies en –aktiwiteite.
- Hy speel muurbal, lees graag en stel in sterrekunde, rekenaars en geskiedenis belang.
- Dr. Pieter Mulder is met me. Triena Roestorf getroud, hulle het vyf kinders en is in Potchefstroom woonagtig. Triena is 'n Wiskunde onderwyseres en het haar B.Sc. Honns in Wiskunde aan die PU vir CHO voltooi.
|
|